Nkosazana Dlamini-Zuma: die vrou agter die...

DIE WARE NDZ

Nkosazana Dlamini-Zuma: die vrou agter die geen-glimlag-mediakonferensies

Daar was nog altyd twee hoofdenkrigtings oor Nkosazana Dlamini-Zuma: oncharismaties-dog-bekwaam, of Zuma-in-'n-kopdoek (in die woorde van die politieke ontleder Justice Malala). Onder die corona-soeklig het 'n paar ander bygekom: “eerste minister", inperking-tsaar, die mag agter die Cyril-troon … maar wie is “NDZ" werklik? vra ANNELIESE BURGESS.

DIT was so hittete of Nkosazana Clarice Dlamini-Zuma was Suid-Afrika se volgende president – slegs 197 stemme het tussen haar en Cyril Ramaphosa gestaan by Nasrec ... dit was minder as 'n haarbreedte, 'n flou fluistering vír Cyril op die rug van die manteldraaiende David Mabuza, wat ter elfder uur sy steun van “NDZ” na “CR17” geskuif het.

Dlamini-Zuma se sterk vertoning by Nasrec was nie nét op die rokpante van die Zuma-faksie nie.

Die feit van die saak is dat NDZ nog altyd gewild was binne die ANC. Die publiek is gewoond aan haar oncharismatiese sy (die geen-glimlag-mediakonferensie is nou al byna 'n handelsmerk), maar binne die party lê haar wortels diep en sterk – van Mandela se eerste kabinet 'n kwarteeu gelede, tot byna-president – is NDZ properse ANC-royalty...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.