IS AM NOU DIE SG, EN WAS TZ TOE DIE DG?
‘AM-per’ dink almal Ace Magashule is ’n opperste skurk
R600,000 se drank wat kamstig kontant gekoop is, twee geheimsinnige begunstigdes wat net volgens hul voorletters geïdentifiseer is, die sakeman wat in ’n koeëlreën in sy Bentley gesterf het … YOLANDI GROENEWALD berig oor 'n week van intrige by die Zondo-kommissie.
IS AM NOU DIE SG, EN WAS TZ TOE DIE DG?
‘AM-per’ dink almal Ace Magashule is ’n opperste skurk
R600,000 se drank wat kamstig kontant gekoop is, twee geheimsinnige begunstigdes wat net volgens hul voorletters geïdentifiseer is, die sakeman wat in ’n koeëlreën in sy Bentley gesterf het … YOLANDI GROENEWALD berig oor 'n week van intrige by die Zondo-kommissie.
Deel
DIE Gautengse sakeman Edwin Sodi is die versinnebeelding van die Suid-Afrikaanse tenderpreneur. Hy hou van luukse motors, en by sy paleisie by die see – in die spoggerige Zimbali-landgoed aan die noordkus van KwaZulu-Natal – is daar meer partytjies as by 'n troubestemming in Muldersdrift.
Dié partytjies is klaarblyklik ook die ideale platform om nuwe vriendskappe met invloedryke kamerade te smee. (Dis nou as jy nie daardeur afgeskrik word dat een van Sodi se sakevennote helder oordag in 'n koeëlreën in sy Bentley gesterf het nie.)
Dié pierewaaier se kelder kreun behoorlik onder bokse duur whisky en sjampanje wat hy amper weekliks aankoop. Daarvoor betaal hy meestal kontant, het Sodi, wat jy deur 'n ring kon trek in sy deftige pak klere en bypassende das en hemp, Woensdag voor die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping beaam...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Deel
Deel
Volgende artikelYolandi Groenewald
JoernalisYolandi Groenewald is 'n bekroonde omgewingsjoernalis en sakejoernalis.