Suid-Afrikaners en hulle dop: Hoe erg is dit?

DRANKPROBLEEM

Suid-Afrikaners en hulle dop: Hoe erg is dit?

Mense is die moer in oor die Covid-19-drankverbod, maar waarskuwings oor Suid-Afrika se ‘ongesonde verhouding’ met drank (soos dr. Zweli Mkhize daarna verwys) kom al ’n láng pad, skryf ANNELIESE BURGESS.

SUID-AFRIKA is onder die topvyf lande ter wêreld met die hoogste verbruik van suiwer alkohol per drinker per jaar, in die naashoogste kategorie van skadelike drinkpatrone en in die hoogste kategorie vir swaar drinkepisodes die afgelope jaar. 

Dit ly geen twyfel nie, sê Maurice Smithers, direkteur van die Southern African Alcohol Policy Alliance (Saapa) (http://saapa.net/countries/south-africa/alcohol-in-south-africa)op wie se webwerf hierdie statistieke verskyn, dat Suid-Afrika ’n probleem het met drank. Maar as ons dit in al sy kompleksiteit wil verstaan, moet ons dieper grawe.

“Dit is eintlik nie waar dat Suid-Afrikaners hierdie sogenaamde liefdesverhouding met drank het nie. Die feit is dat slegs 31% van Suid-Afrikaners bo die ouderdom van 15 drank verbruik. En as ’n mens kyk na die persentasie met betrekking tot die algehele bevolking, kom daardie persentasie af na omtrent 22% – maar 59% van die mense wat drink, is probleemdrinkers," sê Smithers...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.