Covid-19: Só lyk wedloop om ’n entstof

BILJOENE DOSISSE NODIG

Covid-19: Só lyk wedloop om ’n entstof

Die werk om 'n entstof teen die coronavirus te kry vorder fluks, maar 'n lelike dier genaamd ‘entstofnasionalisme’ het sy kop uitgesteek. Waar laat dit ons? En hoe gaan 'n entstof werk indien dit blyk dat immuniteit teen die virus nie langdurig is nie? ELSABÉ BRITS het gaan uitvind wat die jongste nuus is.

DAAR is nie net 'n stryd om lewens te red nie, maar ook een om ’n entstof te vind wat ons teen Covid-19 sal beskerm. Die debat oor wie eerste gaan toegang hê tot so 'n entstof, of entstowwe, woed reeds.

'n Entstof is een van die moeilikste produkte op aarde om te vervaardig – die meeste kom nooit eens uit die wegspringblokke nie. Op die oomblik word sowat 200 kandidaatentstowwe ondersoek, waarvan 20 in een of ander fase van kliniese toetsing is. Dit is verstommend baie, maar net ses het al ver genoeg gevorder om mense in die proewe te betrek.

Prof. Helen Rees, uitvoerende direkteur van die Universiteit van die Witwatersrand (Wits) se Reproduktiewe Gesondheid- en MIV-instituut en voorsitter van die Suid-Afrikaanse Regulatoriese Liggaam vir Gesondheidsprodukte, sê indien daar nie regverdige toegang tot 'n entstof of enstowwe is nie, sal ons weer in 'n situasie wees soos in 2009 [met die H1N1-pandemie], “waar sterk ekonomieë toegang tot die entstof gehad en dit vir hulself gehou het en Afrika nie toegang daartoe gehad het nie”. Dit help ook nie as een land al sy mense immuniseer nie – in elk geval nie nou nie – want die coronavirus versprei oor grense heen...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.