As Isis nie vasgevat word nie, kan SA in ’n terreurstaat ontaard

TERREURAANVALLE

As Isis nie vasgevat word nie, kan SA in ’n terreurstaat ontaard

In watter mate het die sogenaamde Islamitiese staat (Isis) reeds ’n vastrapplek in Suid-Afrika gekry? Wat nou nodig is, is om die drade bymekaar te trek: die deeglike ontleding van beskuldigdes, verdagtes, hofsake en bewyse om enige bande met mekaar of met die terreurgroep in die noorde van Mosambiek (of elders) bo alle twyfel vas te stel. ERIKA GIBSON doen verslag.

SUID-AFRIKA kan in 'n terreurstaat ontaard waar godsdienstige fanatici die oorhand kan kry soos in Sirië en Irak, waarsku Moulana Syed Aftab Haider, die nasionale koördineerder van die Ahlul Bait-stigting en die Shia-gemeenskap van Suid-Afrika, in 'n lang brief aan adv. Shamila Batohi, nasionale direkteur van vervolging.

Haider het die brief die afgelope week geskryf in reaksie op die verleentheid toe die staat noodgedwonge 'n saak moes laat vaar teen 12 beskuldigdes wat in verband met 'n aanval op die Verulam-moskee en bomme in Durbanse winkels aangekla is. Die saak was nie verhoorgereed nie en die beskuldigdes het as vry mense uit die hof gestap, wat beteken een van die duidelikste stelle spore na plaaslike terroristeselle het vir eers doodgeloop. Boonop lyk dit na 'n erkenning dat die staat nie ingewikkelde terreursake behoorlik enduit kan ondersoek nie.

Sedertdien het die polisie twee groepe by Kliprivier en Fordsburg in Johannesburg gearresteer met 'n arsenaal van sewe AK-47’s, ander gewere, handwapens, ammunisie, militêre uniforms en Isis-vlae. Net soos in die geval van Verulam was daar verskeie buitelanders onder die gearresteerdes, terwyl die beweerde leier van die Johannesburgse groep steeds voortvlugtig is...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.