Alan Winde oor Covid-19 se nek omdraai, die ...

DIE WIND VAN VOOR

Alan Winde oor Covid-19 se nek omdraai, die werkloosheidspandemie en gatvol wynboere

Premier Alan Winde voel nie soos 'n sê-wat-mense-wil-hoor-tipe-politikus nie, maar meer na 'n uitvoerende hoof van Wes-Kaap Beperk. En gemeet aan hoe hy sy provinsie deur die Covid-19-krisis gelei het, kan ons hom maar op die skouer klop, sê ANNELIESE BURGESS nadat sy hierdie week met hom gesels het.

“EK voel nou fine," sê Alan Winde, ses weke nadat Covid-19 by hom gediagnoseer is, “maar jy wil nie dié ding kry as jy dit kan help nie.

“Ek het onmiddellik longontsteking gekry en my suikervlakke het mal gegaan. Ek was ontsettend moeg, geweldige hoofpyne. My suiker is steeds nie reg nie."

Ek gesels met Winde op die foon. Dis halfvyf. Ek het 30 minute. Hy's hallo-Alan-hier-informeel en ons gesprek spring tussen Engels en Afrikaans. Ek probeer so vinnig as moontlik soveel vrae as moontlik inkry...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.

Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.

Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.

Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.