DANK die Vader Des van Rooyen het nie te lank aangebly as minister van finansies nie. Anders was Suid-Afrika sowaar in sy peetjie, het Lungisa Fuzile, voormalige direkteur-generaal van die nasionale tesourie, aan die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping gesê.
Van Rooyen, wat bekend geword het as die “Weekend Special” nadat hy in Desember 2015 vir net vier dae minister van finansies was, het sy langverwagte opwagting hierdie week by die kommissie gemaak. Sy getuienis het Fuzile se sentiment dubbel en dwars beaam.
Want al het die man hoe geskerm, was dit duidelik dat hy aan die diep kant van Suid-Afrika se geldsake ingegooi is met net twee kindervlerkies – in die vorm van Gupta-raadgewers – om mee te swem. ..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.