Covid bring ook wenners en presteerders tussen al die skade en verlies

PANDEMIE-EKONOMIE:

Covid bring ook wenners en presteerders tussen al die skade en verlies

Sommige sektore van die ekonomie kon munt slaan uit die Covid-pandemie, en sal moontlik selfs daarná aanhou presteer. Ander, soos die toerismesektor, kan nie wag dat die nagmerrie tot 'n einde kom nie, skryf HUGO PIENAAR.

MET die oorhoofse ekonomie (gemeet aan die bruto binnelandse produk, of BBP) wat in 2020 die grootste jaarlikse inkrimping (-7% in reële terme) sedert 1920 ervaar het, is dit nie met die eerste oogopslag duidelik dat daar ook sektore was wat voordeel uit die Covid-19-tragedie getrek het nie. Die meeste sektore het erg gesukkel, maar daar was wel ’n paar wat goed gevaar en selfs geblom het. Namate ons daaglikse lewe oor tyd weer terugkeer na iets wat nader is aan die situasie voor die pandemie, sal daar weer ander wenners en verloorders wees.

Die Reserwebank het vandeesweek in sy tweejaarlikse monetêre beleidsoorsigdokument die verwagting herhaal dat die ekonomiese herstel waarskynlik K-vormig gaan wees. Sekere sektore gaan langer neem om te herstel as ander. 

Statistieke Suid-Afrika (SSA) meet die ekonomiese aktiwiteit van 10 oorhoofse sektore van die ekonomie, naamlik landbou, mynbou, vervaardiging, elektrisiteit en water, konstruksie, handel (klein- en groothandel), vervoer en kommunikasie, finansiële dienste (banke, die eiendomsmark en ander dienste), regeringsdienste en persoonlike dienste (soos haarkappers). Binne dié hoofsektore is ’n hele klomp subsektore...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.