Verna Vels se tongvis à la Marlene en galgehumor vir die ...

VERNA SE RESEPTE

Verna Vels se tongvis à la Marlene en galgehumor vir die legendariese afgetredenes

Dit was ’n uithaal-en-wys-geleentheid wanneer die groep nabye vriende en opera-aanhangers bymekaar gekom het en saam geëet het. MARLISE SCHEEPERS ontdek tussen Verna Vels se reseptelêers ’n tongvisresep wat sy net by die befaamde Marlene Dietrich kon gekry het.

EK het jare gelede vir Verna Vels ontmoet, maar het eers ná haar afsterwe aan borskanker in Augustus 2014 op dié juweel van ’n resep in een van haar versamelings afgekom.

Verna, en ’n groepie nabye vriende wat ’n liefde vir operamusiek gedeel het, het een maal elke maand bymekaar gekom en saam geëet. Die intieme groep legendariese afgetredenes (omroepers, skrywers, akteurs en aktrises) het hulself die Alte Kakkes gedoop. Buiten hul voorliefde vir operamusiek was hulle natuurlik gaande oor kos en reis.

Dit was ’n uithaal-en-wys-geleentheid wanneer dit jou beurt was om te onthaal. Vir wyle Wouter de Wet (radio-omroeper, tenniskommentator en aanbieder van onder meer Dis Opera, Loof die Here en U Eie Keuse) was die spanning vooraf net te veel. Hy het altyd skelmpies “tuisgemaakte” kos bestel en dit in sy eie bakke voorgesit...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.