Covid-mislukkings laat Nederlanders nuut dink oor óú maniere van doen

SOMS IS STRENG REËLS AL WAT WERK

Covid-mislukkings laat Nederlanders nuut dink oor óú maniere van doen

Tot twee weke gelede het Mark Rutte nog sterk gestaan as Nederlandse premier, maar toe dreig 'n mosie van wantroue skielik. ANESCA SMITH verduidelik wat skeefgeloop het.

HY verpersoonlik  Nederlandse nugterheid: premier Mark Rutte fiets iedere oggend na sy werk in Den Haag, het'n pragmatiese bestuurstyl, en daar is geen hansworsery soos in Donald Trump se Amerika nie. En Nederlanders waardeer en beloon dié eienskappe in 'n leier.

Dit was dus geen wonder nie dat Rutte se party, die VVD, 'n maand gelede weer eens die verkiesing loshande gewen het, en veilig onderweg was na 'n vierde termyn as premier. Tot twee weke gelede. Toe staan Rutte skielik op die nippertjie om deur die opposisiepartye uitgeskop te word weens 'n dreigende mosie van wantroue. Uiteindelik was daar nie genoeg steun om so 'n mosie tot stemming te bring nie, maar hoe het sy knus posisie so gou verswak?

Die antwoord lê in hoe Nederland se politieke stelsel inmekaar steek. Anders as in Suid-Afrika of Brittanje waar die party wat die meeste stemme trek vanselfsprekend regeer, word regerings hier byna altyd op grond van koalisies gevorm. Die gevolg is dat Rutte se kabinet gewoonlik vol lede van die opposisie sit, en hulle het byna net soveel mag as lede  van sy eie party. Skynbaar ook genoeg om hom uit te stem...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.