Grondgrype – ’n eeueou spel in Suid-Afrika

BELOFTE VAN NUWE WET IS WEINIG WERD

Grondgrype – ’n eeueou spel in Suid-Afrika

Grondonteiening is inherent deel van Suid-Afrika se DNS. Dit het eeue van geweld meegebring, wat daarop dui dat enige belofte van ’n nuwe wet wat die land se grondvraagstuk sal oplos, ’n vals profesie is, skryf MATTHEW BLACKMAN en NICK DALL.

  • 16 April 2021
  • Nuus & Politiek
  • 24 min om te lees
  • artikel 17 van 29
  • Matthew Blackman & Nick Dall

DIE miljoene Suid-Afrikaners wat die intense frustrasie oor die land se onbeholpe, chaotiese pogings tot grondhervorming deel, sou waarskynlik taamlik schadenfreude gevoel het oor wat in Augustus 2019 in Hof 19 van Kaapstad se grondeisehof afgespeel het. 

Die kwessie was Distrik Ses, 'n gebied in die stad wat ietwat van 'n vroeë baken vir diversiteit was voordat die Nasionale Party in 1966 besluit het dit moet 'n “wit gebied" wees, en 35,000 mense ontwortel en hulle na die sanderige woesteny van die Kaapse Vlakte verskuif het. 

Maar teen 2019, 25 jaar ná ons eerste demokratiese verkiesing, het die ANC-regering, wat “restitusie" beloof het, net 139 huise herbou en aan die oorspronklike eienaars oorhandig. Dis 'n verhaal van verbreekte beloftes en 'n regering wat skynbaar in geologiese tyd werk – 'n perfekte metafoor vir sy grondhervormingsplan.    ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.