Staatskaping in Transnet: Werknemers is die slagoffers

KLAP IN DIE GESIG

Staatskaping in Transnet: Werknemers is die slagoffers

Werknemers dreig met ’n landwye staking omdat Transnet geen loonverhoging aanbied nie nadat meer as R210 biljoen weens staatskaping onregmatig verkwis is, skryf SONJA CARSTENS. 'n Staking kan die hartklop van Suid-Afrika se ekonomie tot stilstand ruk omdat dit midde-in die besigste tyd van die jaar vir die uitvoer van groente en vrugte soos die sitrusoes, asook vis en wyn val.

TRANSNET loop die risiko om die hartklop van Suid-Afrika se ekonomie met ’n landwye staking van sy werknemers tot stilstand te ruk omdat die semi-staatsinstelling geen loonverhoging bied nie nadat meer as R210 biljoen weens staatskaping onregmatig verkwis is.

Die United National Transport Union (Untu) en die South African Transport and Allied Workers Union (Satawu), die twee vakbonde wat Transnet se meer as 50,000 werknemers in die Transnet-bedingingsraad verteenwoordig, het reeds gesê ’n staking is Transnet se voorland as daar nie aan werkers se eise gehoor gegee word nie.

As Transnet se werknemers staak, sal dit midde-in die besigste tyd van die jaar vir die uitvoer van groente en vrugte soos die sitrusoes, vis en wyn val...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.