Covid stook die kole van Prasa se doodstrein

DWAALSPOOR

Covid stook die kole van Prasa se doodstrein

Die steierende Suid-Afrikaanse Spoorvervoeragentskap (Prasa) sal ’n verdere R1.9 biljoen moet opdok om aan die regering se Covid-19-vereistes vir die land se passasierstreine te voldoen, skryf SONJA CARSTENS.

DIÉ R1,9 biljoen bestaan onder meer uit die geraamde R771 miljoen se inkomste wat Prasa verloor omdat geen treine tans loop nie, R504 miljoen waarmee Prasa die pandemie moet beveg en nog R391 miljoen vir sy operasionele vereistes.

Dit is geld waarvoor Prasa nie begroot het in die huidige finansiële jaar nie en waarvoor die departement van vervoer namens dié semi-staatsinstelling by die tesourie bakhand moet staan.

Die polisie ondersoek tans klagte van geldwassery, bedrog en diefstal teen Prasa omdat die passierstreindiens weens sy kontantvloeitekort twee maande se pensioenbydraes nie aan die betrokke fondse oorbetaal het nie. Dit is wel van personeel se salarisse verhaal...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.