KONTANTKOEIE
Dis tyd om te begin geld maak uit al die sexy beeste wat oral rondloop!
Beeste wat deur kleinskaalse swart boere besit word en op gemeenskaplike grond wei, is nog nooit by die formele beesvleismark ingesluit nie. Dis ’n verlore geleentheid vir inkomstegenerering, veral in die afgeleë plattelandse gebiede waar werkloosheid so hoog soos 98% kan wees, aldus prof. Nick Vink. NAN SMITH stel ondersoek in.

Deel
HOE om die ekonomie in ’n post-Covid-19-omgewing te herstel en nuwe lewe daarin te blaas, is beslis tans een van die onderwerpe wat die meeste bespreek word. In ’n land waar die ekonomie voor Covid-19 al vol spanning en onsekerheid was, begin van hierdie gesprekke nou taamlik desperaat klink.
Inperkingsregulasies het die noodsaaklikheid van landbou en kosverskaffing benadruk, terwyl dit terselfdertyd inkomsteverlies en gepaardgaande hongerte in baie gemeenskappe veroorsaak het. Kommunale beeste verteenwoordig beslis ’n onderbenutte bron wat lewe in die landelike gebiede kan help verbeter.
Prof. Philippe Burger, ’n landbou-ekonoom aan die Universiteit van die Vrystaat, is onlangs in ’n Landbouweekblad-artikel (https://www.netwerk24.com/landbou/Nuus/kommunale-boere-kan-groeiende-stede-help-voed-20200610) (“Kommunale boere kan groeiende stede help voed”) aangehaal oor die behoefte om die waarde van beeste op kommunale weidingsgebiede te ontsluit. Die manier om dit te doen, het hy gesê, sal wees om die kommunale boere deel van die formele waardeketting te maak...
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Deel
-
Deel