Jong dokter swaai Oos-Kaapse hospitaal om

DIE VERHAAL VAN MADWALENI

Jong dokter swaai Oos-Kaapse hospitaal om

In die Oos-Kaap maak ’n dokter en sy vrou ’n daadwerklike verskil by ’n plattelandse hospitaal in ’n ou sendinggebou. BIÉNNE HUISMAN het in ’n Zoom-onderhoud ’n blik op dr. Andrew Miller se wêreld gekry.

HY praat met my vanuit die Madwaleni-distrikshospitaal in die Oos-Kaap, en dr. Andrew Miller se stem begin wankel. Ondanks die beste pogings van dié plattelandse hospitaal se personeel, het hulle bloot nie genoeg suurstof gehad om die meeste Covid-19-pasiënte gedurende die pandemie se tweede golf te red nie.

In die meeste gevalle moes gesondheidsorgwerkers op palliatiewe sorg staatmaak, en só die sterfproses vir die ernstig siekes versag. Verpleegsters is emosioneel oorweldig, want in hierdie hegte gemeenskap is pasiënte dikwels familie of vriende.

Dié hospitaal, met 180 beddens, is in ’n 1960-sendinggebou op ’n heuwel met ’n uitsig op die Oos-Kaap se Xhora-rivier, sowat twee uur op ’n uitgeryde pad van Mthatha. Dit bedien sowat 200,000 mense, van wie net sowat 70,000 die perseel kan bereik...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.