Sonder privaat geld en kennis gaan SA nie die...

PAD UIT DIE KRISIS

Sonder privaat geld en kennis gaan SA nie die infrastruktuur-krisis oorbrug

Met soveel onmiddelliker probleme wat elke dag dreig om ons te oorweldig, is dit maklik om mis te kyk dat Suid-Afrika ook dringend maniere moet vind om meer privaat kapitaal en kundigheid na belegging in infrastruktuur te lok, skryf WILLEM KEMPEN.

HOE op aarde kan ons praat oor investering in nuwe infrastruktuur as ons nie eens in stand kan hou wat ons reeds het nie?

Dít is ’n baie goeie vraag, maar dit verklap 'n houding wat deel van die probleem is – dit is nie 'n geval van die een of die ander nie, ons sal álbei moet doen as ons die ekonomie weer aan die groei wil kry en werk wil skep.

Hieroor sê Busi Mavuso, bedryfshoof van Business Leadership South Africa (BLSA): “Ten spyte van die breë erkenning van die belangrikheid van infrastruktuur is die werklikheid dat die totale vlak van investering nou al vir etlike jare aan die daal is.”..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.