IN nuusberigte sien ons dikwels vreesaanjaende terme soos “weghol-inflasie” en “inflasiemonster”. Dan is dit nie lank nie of ons begin praat oor kruiwaens vol banknote om ’n brood in Weimar-Duitsland te kon koop, of die banknoot in ons noordelike buurstaat wat 100 triljoen Zimbabwiese dollar werd was (dit wil sê: feitlik niks).
Eenvoudig gestel is inflasie (https://www.investopedia.com/terms/i/inflation.asp) wat gebeur wanneer die geldvoorraad in ’n ekonomie vinniger toeneem as wat die handelswaarde van goedere en dienste toeneem. Te veel geld, te min dinge om daarmee te koop.
Die uitdaging is om die regte balans te vind. Nou weer met pres. Joe Biden se massiewe stimulusprogram vir die VSA word gevrees dat dit die balans kan versteur; dat inflasie buite beheer kan raak as soveel geld in ’n kort tydjie in die ekonomie gepomp word...
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.