MEER as ’n dekade gelede, toe ek aan ’n Amerikaanse universiteit gedoseer het, is ek uitgenooi om deel te neem aan ’n paneelgroep wat op ’n netelige kwessie gefokus het. Die vraag is destyds gevra of dit gepas sou wees vir die Moslem-gemeenskap van New York om ’n Islamitiese sentrum te open ’n blok of so weg van die terrein waar die Word Trade Center se tweeling-toringgeboue gestaan het.
Ek was die enigste persoon op die paneel wat gesê het die Islamitiese sentrum moes nie destyds gebou word nie. ’n Paar mense in die gehoor en medepaneellede was stomgeslaan; die patriotte wat geglo het die eerste geval van terrorisme in die geskiedenis het op 11 September 2001 plaasgevind, was verheug.
’n Oriëntalis, een van daardie geleerdes wat Arabiese mense se verskille denkbeeldig uitbeeld, behep is daarmee, dit oordryf en verdraai, en die Arabiese kultuur as eksoties, agterlik, onbeskaaf en soms as vyandig teenoor die waardes van die Westerse beskawing beskou, het daarop aangedring dat die sentrum gebou moet word en teen my gedraai. Hy was nogal teleurgesteld oor my standpunt: Ek vermoed ek is uitgenooi omdat my van te kenne gee dat ek ’n Moslem is en dat ek die bou van die sentrum dus ten volle sou ondersteun. My argument was kompleks, maar op twee temas gegrond: tydsberekening en moedswilligheid. ..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.