Wettig maar oneties – iets kriewel in die bos

TUSSEN TWEE STOELE

Wettig maar oneties – iets kriewel in die bos

Sommige praktyke kan wettig wees hoewel dit oneties is. Hoe besluit ons hieroor en watter een gee ons voorrang? Dit hang af wie vra, sê ISMAIL LAGARDIEN.

VERGUN my asseblief die voorreg om ’n lang storie selfs langer te maak. Jy sien, ek het die vreeslike gewoonte om te skryf oor kwessies waar ’n mens moeilik tussen twee alternatiewe kies. Of, soos my ma altyd gesê het: “Daar’s iets wat in die bos kriewel, maar mense is te bang om daaroor te praat.” So, ek gaan nou praat oor ’n moerse battle tussen wat wettig maar oneties (of selfs onbillik of onregverdig) is.

Ek behoort van die begin af te sê tendense kom en gaan, en dat diegene wat die jongste tendense oordra dikwels nie weet hoe vervelig of voorspelbaar (en snaaks) dié tendense is nie. Deesdae kan jy skaars jou mond oopmaak of jy word daarvan beskuldig dat jy linksgesind, regsgesind, ’n neoliberaal, ’n rassis of ’n “wokist" is. Of watter nuwe tendens of smeerveldtog ook al die ronde doen om van iemand ’n sondebok te maak of hom te probeer manipuleer as jy van hom verskil, of bloot om jouself cool te laat lyk.

’n Paar jaar gelede was dit “interseksionaliteit”. Vandag is dit om “woke”  te wees (dus, op sensitiewe sosiale kwessies ingestel). En ons hoor van “kanselleerkultuur” – wanneer jy jou ondersteuning van ’n ander persoon of instansie onttrek indien jy nie meer saamstem met iets wat hulle kwytgeraak het nie. Wie weet wat volgende gaan wees. Persoonlik, elke keer wanneer ék dink ek het ’n nuwe idee, onthou ek hoe bitter kort my geheue is. Dan dink ek ek het dit waarskynlik in ’n boek raakgelees en dat dit al jare onbewerk in die donker dieptes van my bewussyn lê ... Maar nou ja...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.