Akademiese bedrog en korrupsie gaan nie net oor vervalste grade nie: daar is selfs studente wat vryskutskrywers en akademiese skryfdienste huur om hul opdragte, essays, dissertasies en tesisse namens hulle te skryf. MIRIAM MANNAK stel ondersoek in nadat sy eerstehands iets hiervan ervaar het.
MY mond hang wawyd oop. Op my skerm is ’n e-pos van ’n MBA-student aan een van Suid-Afrika se mees vooraanstaande universiteite. Sy verduidelik sy en haar groep moet ’n paneelbespreking bywoon en ’n nuusverklaring van 500 woorde skryf as deel van een van hul modules. “My groep het besluit ons wil liewer ’n professionele persoon betaal om dit namens ons te doen,” sê haar e-pos woord vir woord. “Kan jy asseblief ’n kwotasie stuur? Ek heg die evalueringskriteria aan. Jy kan nog inligting oor die opdrag aanlyn kry by die kursus-uiteensetting, wat jou ook insigte sal gee in hierdie module.”
Ek lees die e-pos ’n tweede keer om seker te maak ek verstaan reg. Vra die student dat ek namens haar en haar medestudente bedrog pleeg? Ek pols my lewensmaat hieroor. Hy lig sy wenkbroue en vra of dit hoegenaamd eties is.
Ek besluit om oor my antwoord te slaap, en skryf ’n paar dae later vir haar dat ek stomgeslaan is. “Dis uiters ongewoon dat ’n groep volwasse studente ’n professionele skrywer vra om ’n opdrag namens hulle te skryf, en só ’n medepligtige te word aan wat net as bedrog bestempel kan word.” Ek voeg by ek het op LinkedIn gesien sy is ’n werknemer van die universiteit waar sy haar MBA doen. “My kollegas en kennisse wat vir universiteite en met MBA-programme werk, is dit almal eens dat jou versoek hoogs oneties is. Ek stel voor jy skryf self die stuk.”..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
ETIES OF NIE?
‘Help ’n bietjie daar met my MBA’
Akademiese bedrog en korrupsie gaan nie net oor vervalste grade nie: daar is selfs studente wat vryskutskrywers en akademiese skryfdienste huur om hul opdragte, essays, dissertasies en tesisse namens hulle te skryf. MIRIAM MANNAK stel ondersoek in nadat sy eerstehands iets hiervan ervaar het.
Deel
MY mond hang wawyd oop. Op my skerm is ’n e-pos van ’n MBA-student aan een van Suid-Afrika se mees vooraanstaande universiteite. Sy verduidelik sy en haar groep moet ’n paneelbespreking bywoon en ’n nuusverklaring van 500 woorde skryf as deel van een van hul modules. “My groep het besluit ons wil liewer ’n professionele persoon betaal om dit namens ons te doen,” sê haar e-pos woord vir woord. “Kan jy asseblief ’n kwotasie stuur? Ek heg die evalueringskriteria aan. Jy kan nog inligting oor die opdrag aanlyn kry by die kursus-uiteensetting, wat jou ook insigte sal gee in hierdie module.”
Ek lees die e-pos ’n tweede keer om seker te maak ek verstaan reg. Vra die student dat ek namens haar en haar medestudente bedrog pleeg? Ek pols my lewensmaat hieroor. Hy lig sy wenkbroue en vra of dit hoegenaamd eties is.
Ek besluit om oor my antwoord te slaap, en skryf ’n paar dae later vir haar dat ek stomgeslaan is. “Dis uiters ongewoon dat ’n groep volwasse studente ’n professionele skrywer vra om ’n opdrag namens hulle te skryf, en só ’n medepligtige te word aan wat net as bedrog bestempel kan word.” Ek voeg by ek het op LinkedIn gesien sy is ’n werknemer van die universiteit waar sy haar MBA doen. “My kollegas en kennisse wat vir universiteite en met MBA-programme werk, is dit almal eens dat jou versoek hoogs oneties is. Ek stel voor jy skryf self die stuk.”..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Deel
Deel
Volgende artikelMiriam Mannak
JoermalisMiriam Mannak is 'n joernalis in Kaapstad wat spesialiseer in menseregte, maatskaplike geregtigheid en volhoubare ontwikkeling in Afrika.