Dis die einde van die wêreld soos ons dit ken

EUROSENTRISME UITGEDAAG

Dis die einde van die wêreld soos ons dit ken

Dis tyd dat mense diversiteit omhels, skryf ISMAIL LAGARDIEN. Die einde van die Weste het aangebreek ...

VERGUN my asseblief om terug te trek soos jy met ’n telefotolens sal doen – ek wil een van daardie “meta”-kwessies bespreek wat ons daaglikse lewe so bedrieglik en dikwels so beslissend beïnvloed. Dalk kan ons iets leer ...

Een van die grootste mislukkings van my professionele lewe – as ’n joernalis, fotojoernalis en akademikus – is dat ek nooit “gespesialiseer” het nie. Ek het nooit ’n “deskundige” in enigiets geword nie. Op sekere maniere is ek ’n jan-van-alles (of allesdoener) en baas van niks. Op ander maniere is ek die ewige dilettant – altyd besig om te leer, sonder om ooit werklik uit te styg of sigbaar te word.

Eintlik is dit nie heeltemal waar nie. Daar is wél kwessies waarin ek belangstel, maar dit is meestal dinge wat nie eintlik by mense aanklank vind nie. Ek stel baie meer belang in die impak van 20ste-eeuse oorlog op moderne bewustheid, of die kontoerlyne van die wêreldekonomie 1-2030 (algemene era) as in Jacob Zuma se moedswilligheid of Julius Malema se vertoonlus. Daar’s vir my net te veel groter en belangriker dinge as Zuma of Malema waarop ek wil fokus. Ek het byvoorbeeld onlangs ’n boek gekoop wat ek 20 jaar gelede die eerste keer gelees het: Brian Greene se The Elegant Universe: Superstrings, hidden dimensions, and the quest for the ultimate theory, net sodat ek sy jongste boek, Until the End of Time: Mind, matter, and our search for meaning in an evolving universe, beter kan waardeer...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.