Ramadaan bring ’n golf van nostalgie oor saameet, saamwees en ...

VERLANGE NA GEMEENSKAPSLEWE

Ramadaan bring ’n golf van nostalgie oor saameet, saamwees en saamleef

Hy voel nostalgies oor verlore gemeenskapstradisies in sy lewe, sê ISMAIL LAGARDIEN. Om dinge te deel, saam te sit en saam te eet. Hy mis dhaltjies, essies en samoesas. En kunsmatige intelligensie gaan nie dié probleem oplos nie.

EK voel hierdie week ’n bietjie nostalgies, en ek sal dit baie versigtig moet verduidelik. Ek voel nostalgies omdat sekere tradisies weggeraak het (minstens in mý lewe), soos om dinge met mekaar te deel en behoorlik saam te eet. Nie in ’n restaurant nie, maar lekker op die vloer sit en eet met borde kos – soet en sout – om jou.

Hierdie nostalgie het my skielik getref omdat die Moslem-gemeenskap dié week met die maand van vas begin het. Ramadaan is ’n hoogtepunt op die Islamitiese kalender, en hierdie vastyd is een van die vyf pilare van dié geloof. Die ander vier is dat jy moet glo daar is geen god behalwe God nie; dat jy daagliks vyf keer moet bid; dat jy liefdegawes vir minderbevoorregtes moet gee; en dat jy minstens een maal in jou leeftyd die Hajj, oftewel pelgrimstog na Mekka, moet onderneem. Dit is dus, soos die meeste gelowe, maar ’n bietjie ingewikkeld.

Ek het onlangs die eerste vier hoofstukke van my memoires voltooi en na van die vrae verwys wat ek as tiener gevra het – vrae wat my soms ’n snotklap besorg het. Kom ons kry dus net eers die “geskiedenis” reg. Moslems glo dat ’n engel genaamd Gabriël iewers in die jaar 610 AE aan ’n Arabiese handelsman genaamd Mohammed verskyn en die Koran aan hom openbaar het. Daar word geglo dat Mohammed ongeletterd was. (https://www.islamforchristians.com/prophet-muhammad-illiterate/)..

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.