Die mes, die geel handskoene en Marike de Klerk se laaste uur

20 JAAR GELEDE

Die mes, die geel handskoene en Marike de Klerk se laaste uur

Marike de Klerk, voormalige vrou van oudpres. FW de Klerk, is byna 20 jaar gelede in haar woonstel in Table View in Kaapstad vermoor. ELSABÉ BRITS het destyds berig oor dié opspraakwekkende saak, asook die verhoor van die veiligheidswag wat daaroor aangekeer is.

“EK wil eerstens sê, Johanna, dat ek saam met jou geskok en hartseer is oor alles wat jou oorgekom het. Hierdie brief is bedoel om my arms om jou te slaan van oor die oseaan, om vir jou ’n susterlike druk te gee en vir jou te sê dat ek jou emosies verstaan.”

Só lui een van die paragrawe uit ’n brief vol liefde en bemoediging wat Marike de Klerk (64) minder as ’n uur voor haar moord aan ’n vriendin in Nederland geskryf het. Presies om 23:12 faks sy die brief aan Johanna van Rooÿen, by wie borskanker toe pas gediagnoseer is. De Klerk, wat ook borskanker gehad het, het na haar uitgereik.

Teen die tyd dat sy die brief aan haar vriendin faks, is die 22-jarige Luyanda Mboniswa, ’n veiligheidswag by De Klerk se Dolphin Beach-woonstelkompleks in Table View, reeds in ’n metertaxi onderweg van Khayelitsha om haar te gaan vermoor...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.