DONKER EN LIG
Koos du Plessis: die Tintin van Afrikaanse musiek
Daar is vele covers van die immergroen musiek van wyle Koos du Plessis – deur kunstenaars so uiteenlopend soos Theuns Jordaan, Johannes Kerkorrel, Laurika Rauch, Paul Riekert en Battery 9, en die Van Coke Kartel. ANDRIES BEZUIDENHOUT vertel meer hieroor, en ook oor die waarde van heropnames, soos deur Taylor Swift.
DONKER EN LIG
Koos du Plessis: die Tintin van Afrikaanse musiek
Daar is vele covers van die immergroen musiek van wyle Koos du Plessis – deur kunstenaars so uiteenlopend soos Theuns Jordaan, Johannes Kerkorrel, Laurika Rauch, Paul Riekert en Battery 9, en die Van Coke Kartel. ANDRIES BEZUIDENHOUT vertel meer hieroor, en ook oor die waarde van heropnames, soos deur Taylor Swift.
Deel
TAYLOR Swift is op die oomblik in die nuus met die uitreik van ’n heropname van haar album Fearless, wat oorspronklik in 2008 die lig gesien het. Swift het besluit om vyf van haar vroeëre albums wéér op te neem omdat sy die regte van die oorspronklike opnames verloor het. Hierdie opnames is deur die kontroversiële figuur Scooter Braun gekoop en toe weer aan ’n beleggingsfonds vir ’n geraamde bedrag van $300 miljoen verkoop.
Met die heropname van die albums – nie as herinterpretasies nie, maar so ná as moontlik aan die oorspronklike weergawes – is Swift besig met ’n aanskoulike daad van musiek as ekonomiese sabotasie.
Vir ons musieknerds, wat in die uitvoer en opneem van musiek belangstel, is hierdie ’n heerlike gevallestudie. Hoe naby aan die oorspronklike opnames seil die nuwe weergawes? Kon die span musikante en ingenieurs dit regkry? Ek is nie juis ’n groot Taylor Swift-aanhanger nie, maar die hele oefening van ’n album heropneem is ’n interessante een, as tegniese prestasie, maar ook as briljante bemarkingsfoefie – as ek nou vir ’n oomblik sinies mag wees...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.
Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.
Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.
Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Verwante Artikels
Ken jy góéie Afrikaanse liefdesballades?
Genade in die ruïnes van ou sendingskole
Kan ons staatsdiens van vakbonde ontstrengel?
Harry Kalmer: literêre argeoloog
Deel
-
Deel
Andries Bezuidenhout
BydraerAndries Bezuidenhout doseer ontwikkelingstudies aan die Universiteit van Fort Hare. Hy is mederedakteur (met Malehoko Tshoaedi) van die boek Labour Beyond Cosatu: Mapping the Rupture in South Africa’s Labour Landscape (2017, Wits University Press).