Regter Johann van der Westhuizen oor Zuma se snert, slim...

’N LEWE IN DIENS VAN DIE REG

Regter Johann van der Westhuizen oor Zuma se snert, slim bendeleiers, en hoop vir SA

Hy het Suid-Afrika se Grondwet help skryf en is deur Thabo Mbeki as 'n regter in die Konstitusionele Hof aangestel. Johann van der Westhuizen het ook onder meer Tuks se nuwe taalbeleid help skaaf en was op 'n kol die inspekteur van gevangenisse. Dekades gelede het hy eenkeer gedeurnag om die Verenigde Nasies se Universele Deklarasie van Menseregte vir die ou Vrye Weekblad in Afrikaans te vertaal, so ANNELIESE BURGESS het 'n klómp vrae vir hom gehad.

JOHANN van der Westhuizen dien op die oomblik as 'n regter in die appèlhof van die koninkryk van Lesotho. Bedags sit hy “in toga en de lot" in sy studeerkamer in Pretoria, want hofsittings gebeur aanlyn: die vyf ander regters sit agter húlle skerms in Zimbabwe, Zambië, Namibië en Lesotho).

Dié aanlyn hof was 'n groot aanpassing, vertel Van der Westhuizen. “Ek is maar 'n outydse ou wat met 'n groot lêer wil sit. As hulle vir my sê: ‘Op bladsy 325, paragraaf B,’ dan wil ek hom daar oopmaak. So, óf ek moet massas papiere op my ou-ou drukkertjie druk, óf ek moes leer om goed vinnig op die rekenaar op te spoor. Mens raak uiteindelik enigiets gewoond, maar dit neuk soms nog 'n bietjie."

Hy lag oor die foon uit donker Pretoria, in dieselfde huis waarop daar in die 1980's geskiet is om hom te intimideer oor sy linkse politiek...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.