Kan ons staatsdiens van vakbonde ontstrengel?

BATHO PELE

Kan ons staatsdiens van vakbonde ontstrengel?

Die staatsdiens bewys die burgers meestal ’n ondiens, maar die vakbonde se tentakels strek tot heel bo, skryf ANDRIES BEZUIDENHOUT.

DIE huidige konflik tussen Tito Mboweni, die minister van finansies, en Cosatu se staatsdiensvakbonde gaan oor veel meer as kostebesparing. Dit gaan oor 'n verstrengelde verhouding tussen staatsdiensvakbonde en die burokrasie, wat soms positiewe gevolge het, maar meestal tot disfunksie in die staat en 'n gebrek aan verantwoordbaarheid aan landsburgers se behoeftes lei.

Eers ’n bietjie agtergrond. Mboweni het verlede week aangekondig dat een van die belangrikste maniere om geld vir die fiskus te bespaar ’n besnoeiing in staatsdienssalarisse gaan wees. Die beoogde besparings beloop sowat R160 biljoen oor die volgende drie jaar. Reeds voor die begroting aangekondig is, is daar ook aangedui dat die regering 'n drie-jaar-onderhandelingsooreenkoms met staatsdiensvakbonde wil verbreek.

Soos te wagte het staatsdiensvakbonde, ook by monde van Cosatu, dadelik hierdie voorstel verwerp. Dit is ook belangrik dat die Vereniging vir Staatsamptenare (PSA), 'n redelik gematigde vakbond met 235,000 lede, nét so sterk soos Cosatu daaroor reageer het...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.