POLITIEKE NOTABOEK | Mabuza lieg en Mango wil vlieg

DIE WEEK IN POLITIEK

POLITIEKE NOTABOEK | Mabuza lieg en Mango wil vlieg

Adjunkpresident David Mabuza is óf onbekwaam, óf hy is skelm, óf hy is totaal oningelig. My raaiskoot is al drie, skryf MAX DU PREEZ.

DIT was David Mabuza se jakkalsstreke voor en met die ANC se leierskapskonferensie in Desember 2017 wat hom sy huidige pos besorg het, eerder as sy reputasie as ’n betroubare en gerespekteerde leier.

As oudpremier van Mpumalanga het hy op grondvlak met ANC-takke en -streke gekonkel, vir die Nkosazana Dlamini-Zuma-groep die versekering gegee hy staan by hulle en toe op die laaste oomblik hom agter Cyril Ramaphosa geskaar. Hy was die kingmaker, en sy beloning was die pos van Nommer Twee, ten spyte van sy reputasie as ’n korrupte premier wat sy vyande hardhandig hanteer.

Ramaphosa kan Mabuza nie vertrou nie. Dit het weer duidelik geword met Mabuza se onlangse opportunistiese aanval op Pravin Gordhan in ’n tyd dat Gordhan, ’n Ramaphosa-staatmaker, in die visier van die EFF en die RET-faksie van die ANC is...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.