Die Mboweni-begroting: die wiel het gedraai. Gaan dit bly draai?

SA SE GELDSAKE

Die Mboweni-begroting: die wiel het gedraai. Gaan dit bly draai?

Was Tito Mboweni se begrotingsrede dalk die teken dat Span Nuwe Daeraad hulle mojo teruggekry het? Dit is 'n dapper en sobere begroting wat, as Mboweni en Cyril Ramaphosa daarmee gaan deurdruk, dalk aandui dat Suid-Afrika uiteindelik weer gaan rigting kry, skryf 'n hoopvolle MAX DU PREEZ.

DAAR was nie 'n reukie van ANC-dogma of struggle-nostalgie aan Mboweni se begrotingsrede nie. Minder persoonlike belasting, 'n klem op ekonomiese groei en 'n inkorting van staatsbesteding is nie die taal van die nasionale demokratiese revolusie nie. Dit is die mees on-ANC-begroting sedert 1994.

Dit is waarvoor soveel ekonome en sakelui die laaste twee jaar gepleit het: 'n streep in die sand oor staatsbesteding en die opgeblase staatsdienssalarisrekening. Al lei dit tot 'n oorlog met die vakbonde.

Dit was nou wel Mboweni se woorde, maar Ramaphosa en sy kabinet het dit vooraf goedgekeur. Die staat gaan sy besteding met R261 biljoen sny, en R160 biljoen daarvan kom uit staatsamptenare se vergoeding...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.