Covid-19 trek die strop stywer om SA se reeds wurgende ekonomie

SIEK TOT SIEKER

Covid-19 trek die strop stywer om SA se reeds wurgende ekonomie

Die uitkringeffek van die nuwe coronavirus het die potensiaal om die langste afswaai in die sakesiklus in Suid-Afrika sedert die Tweede Wêreldoorlog te verleng, skryf HUGO PIENAAR.

DATA wat die afgelope week deur Statistieke Suid-Afrika bekend gemaak is, beklemtoon dat die plaaslike ekonomie reeds in die waakeenheid was voordat die nuwe virus einde Desember vir China – een van ons belangrikste handelsvennote – getref het.

Volgens die SSA het Suid-Afrika se bruto binnelandse produk (BBP) in die vierde kwartaal van 2019 vir ’n tweede opeenvolgende kwartaal gekrimp. Volgens die amptelike definisie is die land dus in ’n tegniese resessie. Die ekonomie was ook in resessie gedurende die eerste helfte van 2018. Boonop was die reële BBP-groeikoers vir die hele 2019 ’n skrale 0.2%, die swakste prestasie sedert 2009. Dít was in die nadraai van die wêreldwye finansiële krisis toe die bankstelsels in ontwikkelde lande op die randjie van ineenstorting was.

Die swak prestasie van die Suid-Afrikaanse ekonomie die laaste klomp jare was weens ons eie toedoen. Dink byvoorbeeld aan die Eskom-krisis met die gepaardgaande kragonderbrekings en ’n skerp styging in elektrisiteitstariewe. Verder het die onlangse begroting weer beklemtoon in watter skuldstrik die land vasgevang is. Die vrot groei in Suid-Afrika (’n gemiddelde van slegs 0.8% in reële terme tussen 2015 en 2019) was ondanks ’n grootliks ondersteunende wêreldekonomie wat teen gemiddeld 3.3% in die ooreenstemmende tydperk gegroei het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.