Harry Kalmer: literêre argeoloog van Johannesburg

GEMEENSKAPLIKHEID IN DWARSHEID

Harry Kalmer: literêre argeoloog van Johannesburg

Ek kan my nie 'n lewe sonder Harry Kalmer se dramas en romans voorstel nie, skryf ANDRIES BEZUIDENHOUT. Dit het my anders oor myself laat dink, asook oor die land waar ek steeds woon en die stad waar ek vir so lank 'n tuiste kon vind.

DAAR is boeke wat 'n mens waardeer en ander waarvan jy hou. Dan is daar boeke waarmee jy identifiseer, wat op só ’n manier met jou eie ervaringsveld resoneer, dat dit jou anders maak. Laasgenoemde is my belewenis van 'n hele aantal van Harry Kalmer se boeke en toneelstukke.

Harry is verlede Vrydag op 62 aan kanker oorlede. Benewens die rits dramas, kortverhale en romans wat hy agterlaat, was hy 'n gerekende kopieskrywer en dosent in die advertensiewese.

As iemand uit die advertensiebedryf – by uitstek die wêreld van populêre kultuur – was daar 'n deurlopende tema in Harry se literêre werk, naamlik die spanning tussen die oppervlakkige en 'n soeke na dieper betekenis. Sy eerste kortverhaalbundel, in 1989 deur Taurus gepubliseer, het die wonderlik dubbelsinnige titel Die waarheid en ander stories gehad...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.