Genade in die ruïnes van ou sendingskole

LOVEDALE, HEALDTOWN EN ST. MATTHEWS

Genade in die ruïnes van ou sendingskole

Dit was eens die elitistiese, imperialistiese onderwysinstellings in die Oos-Kaap waar 'n swart middelklas met klassieke opleiding gevorm is. Uiteindelik was dit die vonk vir 'n nasionalistiese beweging wat die ANC sou word. ANDRIES BEZUIDENHOUT reis deur die bouvalle van die sendingskole, vind monumente vir 'n hedendaagse samelewing, en skryf 'n song oor Alice.

MY Kaapstadse vriendin Dorette en haar laerskooldogter, Emma, kom kuier in Alice. Hulle wil kyk hoe ek en Irma op 'n klein dorpie aangepas het nadat ons drie jaar gelede hierheen getrek het om by die Universiteit van Fort Hare te kom werk.

Ek wil vir Dorette en Emma iets van die plek se geskiedenis wys. Mense wat deur Alice ry, skrik soms vir hoe die dorp lyk, veral as hulle op pad is om in die aanskoulike Hogsback uit te span. By Alice se ingang aan Fort Beaufort se kant is die ruïne van die afgebrande Amathola Hotel, en baie van die geboue lyk maar sleg. In die 1970’s het die dorp in die voormalige Ciskei beland. Amper al Fort Hare se wit dosente het Fort Beaufort toe getrek en Alice se eiendomsmark het in duie gestort.

Vanoggend, met ons informele argitektoniese en historiese toer, blêr musiek uit die luidsprekers van 'n tentkerk wat langs die taxi-rangeerwerf staangemaak is. In Sondagklere loop studente van die Fort Hare-kampus af om die diens by te woon, studietoelae in hul beursies. Die musiek en die prediker se stem is so hard dat hulle in elk geval in hul koshuiskamers daarna sou moes luister. Tromme, 'n sintetiseerder, onmelodieuse sang – hierdie kerk saai uit, 'n diens met bybedoelings. Dit skep dalk nie 'n goeie indruk nie, maar skep waarskynlik mildelik uit die beker van studiehulp...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.