Wanneer die daad van skryf oorneem

’N MANIER VAN ONTDEKKING

Wanneer die daad van skryf oorneem

Ons leef in ’n tyd van alleenheid, eensaamheid en afsondering. Die gevreesde virus neem ons een ná die ander na ons grafte, na brandstapels en na niksheid. In tye soos dié is skrywers op hul beste, sê ISMAIL LAGARDIEN. Daar is altyd ’n maar ...

BAIE dinge, emosies of gevoelighede moet eerder vermy word. Dié wat die laaste paar weke uitgestaan het, is jaloesie, afguns en selfbejammering.

Ek het geen groot morele basis om jaloesie, afguns of selfbejammering te vermy nie. Daar is enersyds niks nuttigs in enige hiervan nie (nie dat ek ’n nuttige, morele lewe lei nie), en dis alles buitendien ’n mors van tyd. Maar soms kom spyt, woede of teleurstelling na vore, en dit word ook onderdruk. Ek onthou nou dat toe my ouers oorlede is, pas ná mekaar in 2013 en 2014, ek nie getreur het nie. Ek het nie hul onderskeie begrafnisse bygewoon nie, maar bloot aangestap. Ek weet ek is veronderstel om te rou, maar ek kan nie voorgee om dit te doen nie.

Daar is natuurlik geen noodwendige band tussen dit alles en skryf nie. Dit is die lewe van ’n skrywer wat my lewe vorm. En ek weet nooit waarheen dit my gaan neem nie; soms is daar net wasige beelde, woorde en passasies; vae herinneringe .....

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.