EK het al kroeë of drinkplekke in van die mees obskure plekke in die wêreld besoek, en byna altyd was daar ’n kennisgewing: “Geen godsdiens of politiek” mag hier bespreek word nie. Iewers in Latyns-Amerika was dit “No Fútbol or Politics”. Ek het altyd oor die laaste een gewonder – voetbal (oftewel sokker) is die belangrikste van die minder belangrike dinge in die lewe, en ek wou daaroor praat. En ek het aanvaar aangesien ek in ’n Latyns-Amerikaanse land was, was daar algemene ooreenstemming oor Katolisisme. Ek het maar my bek gehou en nog ’n local cerveza bestel.
In ieder geval. Sober soos ’n priester, en aangesien ons nie nou in ’n kroeg is nie, wil ek godsdiens bespreek. Ek wil net vooraf sê dat ek presies dieselfde sienings van die drie Abrahamistiese godsdienste het.
Eerstens, ek verkies wetenskap bo geloof, maar is ook bewus daarvan dat wetenskap nie al die antwoorde het nie – altans nog nie. Maar kom ons raak spesifiek. In die nasleep van die Bushiri-sage, en Ray McCauley se reaksie daarop, wil ek ’n gewaagde stelling maak. ..
Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Het jy ’n intekenbewys? Gebruik dit nou.
Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.
Hoe herstel jy vertroue in ’n regering?