WANNEER jy in ’n oostelike rigting op Marine-rylaan van Schoenmakerskop na Somerstrand in Port Elizabeth ry, bereik jy ’n draai in die pad waar jy die silhoeët van die Nelson Mandela-universiteit se hoofgebou baie mooi kan sien. Dit staan onmiskenbaar uit – ’n duidelike kruisbeeld wat in die argitektuur vasgelê is. Sekerlik is dit nie per ongeluk daar nie; dit kan tog nie iets wees wat oorgesien is nie.
Dit verg nie geniale denke om tot die slotsom te kom dat baie min aan toeval oorgelaat word in argitektuur, soos met enige van die visuele kunste nie; alles word om ’n bepaalde rede in die raamwerk geplaas. Argitektuur is byna altyd doelbewus en baie selde toevallig. Ons kan dus sê dat die kruisbeeld wat in die argitektoniese ontwerp van die NMU se hoofgebou vasgelê is, die Christelike fondament van opvoeding, kultuur en samelewing versinnebeeld wat apartheid wou bevestig. Argitektuur is dus polities.
En aangesien ons vasgevang is in ’n wêreldwye golf van alles wat heroorweeg word, veral standbeelde, te midde van beskuldigings dat geskiedenis en kultuur uitgewis word, watter waarde hou dit in, indien enige, om die politiek van argitektuur in heroënskou te neem, en die strukture, die geboude omgewing, wat groter betekenis vir sommige mense het as vir ander? Wat van die opsetlike duplisering van stukture, soos die doelbewuste ontwerp en bou van aparte ingange om by apartheid se “afsonderlike ontwikkeling” aan te sluit? Of, soos met die NMU se hoofgebou, die vaslegging van Christelike waardes van die vorige bestel in ons geboude omgewing?..
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
MIN VOLKSBOUKUNS IN SA
Oor die politiek van argitektuur
Waar trek ’n mens die streep in hierdie era van uitwissing, hersiening, wraak en verwydering van onreg van die verlede? vra ISMAIL LAGARDIEN.
Deel
WANNEER jy in ’n oostelike rigting op Marine-rylaan van Schoenmakerskop na Somerstrand in Port Elizabeth ry, bereik jy ’n draai in die pad waar jy die silhoeët van die Nelson Mandela-universiteit se hoofgebou baie mooi kan sien. Dit staan onmiskenbaar uit – ’n duidelike kruisbeeld wat in die argitektuur vasgelê is. Sekerlik is dit nie per ongeluk daar nie; dit kan tog nie iets wees wat oorgesien is nie.
Dit verg nie geniale denke om tot die slotsom te kom dat baie min aan toeval oorgelaat word in argitektuur, soos met enige van die visuele kunste nie; alles word om ’n bepaalde rede in die raamwerk geplaas. Argitektuur is byna altyd doelbewus en baie selde toevallig. Ons kan dus sê dat die kruisbeeld wat in die argitektoniese ontwerp van die NMU se hoofgebou vasgelê is, die Christelike fondament van opvoeding, kultuur en samelewing versinnebeeld wat apartheid wou bevestig. Argitektuur is dus polities.
En aangesien ons vasgevang is in ’n wêreldwye golf van alles wat heroorweeg word, veral standbeelde, te midde van beskuldigings dat geskiedenis en kultuur uitgewis word, watter waarde hou dit in, indien enige, om die politiek van argitektuur in heroënskou te neem, en die strukture, die geboude omgewing, wat groter betekenis vir sommige mense het as vir ander? Wat van die opsetlike duplisering van stukture, soos die doelbewuste ontwerp en bou van aparte ingange om by apartheid se “afsonderlike ontwikkeling” aan te sluit? Of, soos met die NMU se hoofgebou, die vaslegging van Christelike waardes van die vorige bestel in ons geboude omgewing?..
Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.
Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.
Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.
Deel
-
Deel
Ismail Lagardien
SkrywerIsmail Lagardien skryf al van toeka se dae af. Hy is 'n rubriekskrywer wat worstel met die realiteit om hom. Hy was op die sekretariaat van die nasionale beplanningskommissie en is 'n besoekende professor by Wits se Skool vir Regeerkunde.