EK voel nou al weke lank mismoedig en verneder. Ek voel asof ek misluk het en nie vertrou kan word nie. Dis nie die eerste keer dat ek só voel nie – die laaste keer was in die maande voordat ek bedank het as uitvoerende dekaan van ekonomiese en bestuurswetenskappe aan die Nelson Mandela-universiteit. Maar dis ’n storie vir ’n ander dag.
Dié keer is ek in ’n benarde toestand omdat ek genader is, ’n opdrag gekry en ’n kontrak geteken het om ’n boek oor die Economic Freedom Fighters (EFF) en hul fascistiese neigings te skryf. Ek het einde Januarie begin navorsing doen, drie hoofstukke saamgeflans en toe tref die inperking ons. Dit was onmoontlik om plaaslik te reis en om onderhoude te reël. En ek kon glad toegang kry tot argiewe en dokumente in instellings oor die land heen nie, en dis dokumente wat ek nodig gehad het om baie van die dinge te bevestig wat ek reeds geweet het of wat aan my vertel is.
Ek is druipstert terug na die uitgewer en het vir hom gesê ek kan nie hiermee voortgaan nie. Ek dink nie ek sal hom weer in die oë kan kyk nie …..
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.