Covid-19: ’n Terugblik op die verwoestende 1918-grieppandemie...

SPAANSE GRIEP

Covid-19: ’n Terugblik op die verwoestende 1918-grieppandemie in Suid-Afrika

Die monsteragtige corona-pandemie swaai sy stert oor die hele wêreld en verwoes lewens, gemeenskappe en infrastruktuur. Vir insig oor die saak het ISMAIL LAGARDIEN teruggekyk na hoe die Groot Griep van 1918 ook ’n spoor van verwoesting in Suid-Afrika gesaai het.

DIT maak nie regtig saak wat anders op die oomblik in Suid-Afrika aan die gang is nie. Dit lyk asof daar, met goeie rede, net een storie in die land is – en waarskynlik vir die volgende paar weke gaan wees.

Die monsteragtige Covid-19-pandemie swaai sy stert oor die hele wêreld en verwoes lewens, gemeenskappe en infrastruktuur. Die hele wêreld leef in verskillende state van angs, paranoia, vrees, weersin en, in die geval van pres. Donald Trump van die VSA, ontkenning en domastrantheid.

Dit klink dalk teatraal, maar dis beslis nie oordrewe dramaties nie om te sê die wêreld is in ’n staat van kollektiewe neurose in die sin dat ons almal waarskynlik hulpeloos voel terwyl hierdie monster op ons lewe toeslaan. Ons kan egter self besluit wat ons houding teenoor Covid-19 gaan wees. Ons is baie duidelik nou almal saam in hierdie ding...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.