Spieëltjie, spieëltjie aan die wand, hoe lyk dinge in hierdie ...

IDENTITEIT

Spieëltjie, spieëltjie aan die wand, hoe lyk dinge in hierdie land?

Dit lyk of Suid-Afrikaners blindelings voortstrompel deur ’n mynveld van konflik oor identiteit, skryf ISMAIL LAGARDIEN.

MEDEDINGENDE narratiewe oor ’n hoofrol vir een geskiedenis bo ’n ander het dikwels die gevolg dat die geskiedenis van die magteloses geminag of geheel en al uitgewis word.

In die geskarrel om ons identiteite as Xhosa, Zoeloe, Afrikaner, Engels (afstammelinge van die 1820-setlaars), gekleurd of Indiër te herbevestig, en waarvan sommige eens op ’n tyd verborge, eenkant toe geskuif, geïgnoreer of wanvoorgestel is, lyk dit of ons blindelings voortstrompel deur ’n mynveld van konflik oor identiteit.

Afgesien van die futiele soeke na of aandrang op “suiwerheid” – ek sal sover gaan om die ongetoetste aanspraak te maak dat “die Afrikaners” waarskynlik net so gemeng soos die “kleurlinge” is – is daar ’n doelbewuste ontkenning van die veelvoud van affiliasies wat enige enkele persoon kan hê...

Slegs Vrye Weekblad-intekenaars kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud. Daar is ’n spesiale tarief vir pensioenarisse.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos [email protected] of skakel 0860 52 52 00.

X