’n Moegoe gaan na die Istanbul-biënnale en sien net politics

DIE SEWENDE KONTINENT

’n Moegoe gaan na die Istanbul-biënnale en sien net politics

ISMAIL LAGARDIEN bieg dat hy eintlik bitter min van kuns weet, maar wat hy wel weet, is dat die ware Istanbul nie by vanjaar se Biënnale weerspieël word nie. Waar is die oorlog en die opstande? Hy deel van die roerendste werke en oomblikke by dié kunsfees.

EK weet niks van kuns af nie. Oukei, dis nie heeltemal waar nie. Ek weet bitter min van kuns af.

As jy met “kuns” bedoel skilder, teken, beeldhouwerk, dinge in ’n tipe formasie (jammer, “installasie”) sit en dit bo-op 'n staander rangskik sodat mense daarna kan kyk, dan weet ek amper niks nie. Om die waarheid te sê probeer ek nog uitpluis wat die verskil is tussen 'n triptiek en 'n dipstiek is.

Op 'n ernstiger noot: My smaak in kuns is eintlik nogal konserwatief. Dink ek. Die wellustige (walglike) mans in Edgar Degas se werk is prikkelend, en sy gebrek aan respek teenoor vroue is obseen en onverbiddelik, maar hy, en Toulouse-Lautrec, bly maar my gunsteling-skilders...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 082 897 2721 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.