Só word die staat se mag weggekalwe

MIDDELPUNTVLIETEND

Só word die staat se mag weggekalwe

Vergeet van “net soos Zimbabwe” - “soos die DRK” kan ook ons voorland wees, skryf ISMAIL LAGARDIEN. In so 'n scenario raak middelpuntvlietende magte in ’n oorlog met die sentrale regering gewikkel, en in Suid-Afrika is daar 'n paar kommerwekkende aanduidings dat dit op die lange duur nie heel onmoontlik is nie.

IN sommige kringe word altyd in fluisterstemme vertel dat Suid-Afrika op pad is om “net soos Zimbabwe” te word. Ek het nog nooit saamgestem nie. Pleks daarvan wonder ek oor die moontlikheid dat Suid-Afrika dalk iets soortgelyks deurgaan as wat in plekke soos die Demokratiese Republiek van die Kongo (DRK) gebeur het.

Laat ons dit duidelik stel: Suid-Afrika is nié ’n mislukte staat nie. Volgens konvensionele maatstawwe, tipies dié van die Wêreldbank of Europese alademici, staan Suid-Afrika nog, veral vergeleke met byvoorbeeld Somalië, of Liberië in die 1990’s.

Nogtans is daar kommerwekkende voorbodes; en ooreenkomste – weliswaar baie gering in omvang – tussen die onderliggende spanning in Suid-Afrika en dit wat aan die gebeur is in plekke soos Afganistan, of Sirië, en veral die DRK, waar middelpuntvlietende magte in ’n oorlog met die sentrale regering gewikkel is en sekere dele van die land oorgeneem het. ..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.