Vergelegen: Aangeplakte egtheid, gesteriliseerde geskiedenis...

NOSTALGIE VIR 'N ERA

Vergelegen: Aangeplakte egtheid, gesteriliseerde geskiedenis vir toeriste

Met die slawe uit die prentjie gevee, word die Vergelegen-wynlandgoed ’n kulturele produk sonder betekenis vir die plaaslike mense, skryf ISMAIL LAGARDIEN.

EK het verlede week ’n dag by die Vergelegen-wynlandgoed in Somerset-Wes deurgebring. Dis ’n pragtige plek. Die herehuis en tuine word mooi onderhou. Die heinings word netjies gesnoei. Die rooi bougainvillea lyk perfek teen die herehuis, ’n geel gebou met gewels en ’n strooidak. Die simmetrie van die voetpaadjies, blompotte en vensterrame volg op een of ander manier dieselfde ritme as die kurwes van die elegante gewel in die middel van die huis. Die skoonheid is simfonies.

Die plek lyk so gesaghebbend, so elegant en so dramaties as wat dit sekerlik gelyk het net na 1685, mutatis mutandis. Dit was die jaar toe Willem Adriaan van der Stel, raadgewer van die Nederlandse Oos-Indiese Kompanjie en goewerneur van die Kaapkolonie, “ ’n beskeie 30,000 ha stukkie land vir homself toegeëien het, net soos sy vader gedoen het gedurende sy tyd by Constantia,” lui die Vergelen website (http://www.vergelegen.co.za/van_der_stel_era.html) .

 Die amptelike historiese weergawe lui verder: “Ses jaar nadat hy begin wingerde aanplant het, het Willem Adriaan ’n halfmiljoen druiwestokke  gehad. Hy het vrugte- en lemoenboorde uitgelê, kamfer- en eikebome aangeplant, en 18 veekrale, met 1,000 beeste en 1,800 skape, aangeskaf. Willem Adriaan het ook opgaardamme gebou en besproeiingskanale gegrawe. Hy het vir homself ’n pragtige Kaaps-Nederlandse herehuis gebou, asook ’n mieliemeul en vele ander buitegeboue.”..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.