Oorlewende slagoffers van ‘heksejag’ betaal die duurste prys

WEGGESTEEKTE OORLOG TEEN VROUE

Oorlewende slagoffers van ‘heksejag’ betaal die duurste prys

Wrede ‘heksmoorde’ in tradisionele gemeenskappe gaan dikwels gepaard met diefstal en brandstigting, skryf FARIEDA KHAN. Die slagoffers se families word dan vlugtelinge sonder toegang tot lewensmiddele en die owerhede doen min of niks om die onderliggende oorsake van ongegronde beskuldigings van heksery te keer.

OP 15 Maart was daar ’n skokkend gewelddadige moord in Majoba buite Sterkspruit in die Oos-Kaap. ’n 83-jarige vrou, Nosayinethi Manundu, is deur ’n groep mans aangerand en toe in ’n drom verdrink. Daarna het hulle paraffien oor haar 23-jarige kleindogter gegooi en probeer om haar aan die brand te steek. Gelukkig het hulle misluk en sy het ontsnap.

Die bende mans het toe die bejaarde vrou se hut met haar lyk binne-in aan die brand gesteek.

Wat was die motivering vir hierdie verskriklike aanval? Die mans het geglo Manundu was ’n heks wat verantwoordelik was vir die dood van ’n jong man wat voorheen in die gebied gewoon het, en het toe, sonder enige bewyse, na haar huis gestorm en haar vermoor...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.