Los tog nou die rasbeheptheid – kom ons bou eerder die land saam

FOKUS OP INTEGRASIE

Los tog nou die rasbeheptheid – kom ons bou eerder die land saam

Kom ons laat nou eens en vir altyd al die ras-eksklusiwiteit agter ons, sê ISMAIL LAGARDIEN. En hou terselfdertyd op om vrees en leuens te versprei.

EK is ’n paar jaar gelede deur AfriForum gedreig dat ek voor die Menseregtekommissie gedaag sou word omdat “ek nie van wit mense hou nie”. Dis ’n lang, ingewikkelde storie, wat ek regtens verbied word om te bespreek. Dis belaglik om dit te sê, want dit klink voorskools, maar ek het nie ’n teensin in mense op grond van hulle ras nie. Ek vind daardie soort gesprek nogal vervelig.

Ek het AfriForum min of meer geïgnoreer, behalwe vir ’n bietjie geskerts op Twitter, en het Dan Roodt net een maal uitgedaag, maar net oor sy noue verbintenis met ’n wit heerssugtige beweging in Amerika. Ek stel meer belang in globale historiese en sosiale magte, en dis dus net omdat AfriForum netjies inpas by die globale opkoms van etno-nasionalisme, wit heerskappy en ’n soeke na suiwerheid van Pakistan tot Pennsilvanië, dat hulle my aandag getrek het. Ek sal nietemin nie direk met hulle skakel nie. Ek het beter dinge om met my tyd te doen.

Toekomsfokus..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.