DAAR was ’n tyd toe ’n keur van Sondag se preke die Maandag daarna in The New York Times gepubliseer is. So byvoorbeeld vind jy op een Maandag in 1864 die volledige preke van ’n Presbiteriaanse predikant, ’n Baptiste-pastoor en ’n Joodse rabbi. Helaas was dit lank gelede. Wat Karel Schoeman in Verliesfontein oor predikante skryf, geld ook hulle preke: “... wie stel nog belang in predikante ...? Geen winsbewuste uitgewer sal hom ooit aan so ’n projek waag nie.”
Inderdaad, ’n gewaarborgde wyse vir koerante in ons eie dag om intekenaarsgetalle te laat daal, sal wees om óf preke te publiseer óf om gewoon net daaroor te berig. Myns insiens is daar wel predikers in ons land wie se preke nuuswaardig is en wat wye dekking verdien, veral een.
Die preekstoel van hierdie prediker is die kansel van die St. George-katedraal in Kaapstad. Dit is ’n preekstoel wat deur die jare ’n klippie in die skoen van verskeie regerings was en steeds bly skaaf. Die spesifieke kansel is natuurlik bekend gemaak deur Desmond Tutu, maar daar was ook predikers soos Joost de Blank voor hom en Njongonkulu Ndungane het die tradisie ná Tutu voortgesit. Sedert 2007 is Thabo Makgoba die biskop van Kaapstad en het sy preke al amper so bekend geword soos die van Tutu. En hy is een van die predikers wie se preke gerus vollengte gepubliseer kan word, want of jy nou Anglikaan is of nie, as hy praat, kan mens maar jou ore spits...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.