’n Pandemie se oopgelate kring

OORGANG

’n Pandemie se oopgelate kring

Dit is asof rituele wat tydens die inperking uitgevoer word, net soos ons lewens tans, in die sfeer van onvoltooidheid gaan bly talm, skryf CAS WEPENER. Garon se passasiers op die Styx word ál meer terwyl die anderkantste oewers nie bereik word nie.

DIE grootste voorreg wat bestaan, is om ’n voltooide lewe te kan lei: om van die wieg tot die graf met ’n sekere teenwoordigheid te lewe, elke hoogte- en laagtepunt met mense om jou te deurleef, bewustelik in die klein oomblikke en die groot lewensfases te wees, nie om iets te bereik nie, maar om te lewe sodat wanneer dit alles verby is, jy weet dat jy jou eie lewe beleef het.

Dat jy dáár was, en dat jy bykans soos God wat in Genesis op die sesde dag na die skepping kyk, op jou voltooide lewe kan terugkyk en dink dat dit – ten spyte van soveel wat anders kon verloop het – goed was.

So ’n lewe herinner aan daardie bekende woorde van N.P. van Wyk Louw in sy gedig “Nog in my laaste woorde”: Dán weet ek het jou hand/ my jeug se oopgelate kring voltooi; hoedat die lewe en die dood, alhoewel hulle twee andersoortige tipes mooi verteenwoordig, beide in ’n voltooide lewe hul eie skoonheid het...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.