Vreemde tye noop jou om bestek op te neem van jou hartsmense...

BINNEKRING

Vreemde tye noop jou om bestek op te neem van jou hartsmense – en jouself

’n Kollega en vriendin se e-pos laat ANASTASIA DE VRIES dae lank pieker oor die konsep om bestek op te neem van die mense met wie jy ’n spesiale band het, wat jou hart en verstand aanraak en wat jou tot dankbaarheid stem. Sy waardeer haar eie soet klein kring, maar sukkel wanneer dit by háár teenwoordigheid in húlle lewe kom.

SY neem net bestek op, verduidelik sy in haar e-pos. In hierdie vreemde tye is dit vir haar belangrik, skryf sy, om dit opnuut te doen. Bestek opneem. Van mense. En die waarde wat so baie van hulle tot haar lewe toevoeg.

Ek het dae lank oor hierdie (vir my toenemend pynlike) konsep loop en pieker: om bestek op te neem. Van mense. Mense met wie jy, na haar segge, ’n spesiale band het, wat jou hart en verstand aanraak en wat jou innerlik tot dankbaarheid stem.

Ek sou vanjaar meer tyd gemaak het vir ou geselse met haar, dié vrou wat ek laat verlede jaar vir die eerste keer in die vlees ontmoet het. Ons het geweet van mekaar. Elke dan en wan saam gewerk. Sy in die Kaap, ek in Johannesburg. ’n Artikel hier, ’n storiewenk daar. Lang e-posgesprekke oor skrywers en boeke en alles en nog wat. Sy was rojaal met haar kennis. Ek, ’n leergierige spons...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.