’n Droëbrooddag word Krismis in Kalkfontein

ONVERWAGTE HULP

’n Droëbrooddag word Krismis in Kalkfontein

Sy het op die bed gesit en sente uittel toe iemand aan die deur klop. En daar staan twee meisiekinners met ’n boks vol goete vir haar en haar eie kinners. Haar vyfjarige soen die boeliebief en druk die lekkergoed asof dit ’n mens is. ‘Is Krismis!' sing hy. Só vertel ANASTASIA DE VRIES van ’n gesin wat selfs in die swaarste van swaar tye nie kla nie.

KALKFONTEIN, êrens buite Kuilsrivier in die Kaap. ’n Gewone dag, die eerste dag van Mei. Sy moenie kla nie, sê die vrou. Sy kon darem die laaste paar dae vir haar kinders brood koop. Snytjie brood, aangeklam met ’n bietjie water, strooiseltjie suiker. Koningskos vir die vyfjarige. Hier is mense wat baie minder het. Sy moenie kla nie.

Dit was tog maar net nog ’n dag. ’n Gewone dag, ’n droëbrooddag. Toe word dit Krismis.

Kort tevore het sy nog in haar nagklere op die bed gesit en sente uittel. Gister het sy vir die hoeveelste keer met leë hande teruggekom van die plek waar hulle kospakkies uitdeel en elke dag raak die rye al hoe langer. Rondom haar het die kleintjies gelukkig nog geslaap. Sy kon haar oudste dogter in die kombuis hoor werskaf. Dit was skaars halfagt toe iemand aan hul deur klop. Sy het gesug. Sy het niks meer gehad om te gee nie. Haar dogter het loop oopmaak...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Hallo! Welkom by Vrye Weekblad. Ons inhoud is nou in Afrikaans én Engels beskikbaar.

Al wat jy hoef te doen om gratis te begin lees, is om met jou e-pos te registreer en ’n wagwoord te skep.

Om dit te doen, kliek eenvoudig op “REGISTREER”.

Reeds geregistreer? Kliek op “MELD AAN” om voort te gaan.

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.