FOON in die hand is hy gebore en met ’n iPhone as kompas is hy gerat vir dié verligte eeu, ’n onverskrokke avonturier op die gebaande en tot nou toe ongebaande weë van ’n virtuele ruimte. Maar dié een het hy nie sien aankom nie: ’n dag in Maart in die jaar van onse Here 2020 toe hy, gepak en gedas, op sy bed in sy kamer sou sit en graad vang. Een oog (en oor) op die kleine skerm van sy alomteenwoordige foon, die ander op die rekenaar waar die beelde van sy gradeplegtigheid een ná die ander verbyflits.
Hy’t so amper-amper sy naam in PowerPoint gemis. Later basuin hy sy mylpaal, soos dit hoort, in die kuberruim uit: “You study with slides; you graduate with slides. Quba, UWK!” Inderdaad. Verlaat die verhoog! (Slegte vertaling, ek weet.) Want leeg, sielig was die Grootsaal en stil die gewone ululering, die gestamp van dansende voete, die lang vingerfluite van die Kaapse Vlakte, die lofprysings en hardop dankgebede vir ’n familie, ’n gemeenskap se trots.
In hierdie besondere feesjaar in die geskiedenis van hierdie universiteit het júlle dit gemaak, sê die kanselier van die verhoog af vir die leë stoele. Gaan en maak ons naam groot, groter, grootste, spreek die visekanselier haar seën tot die kamera uit. In die agtergrond krrr-krrr-krrr die leegte terwyl die name van die graduandi oor die skerm rol. ’n Stille Gadeamus igitur...
Registreer gratis om hierdie artikel te lees.
Hallo! Vrye Weekblad het op 1 Oktober 2022 geskuif van Arena Holdings na die Nuwe Vrye Weekblad Mediagroep. Dit beteken dat ons jou asseblief moet vra om weer ’n lesersprofiel te skep.
Dít sal jou vir Oktober, wat C. Louis Leipoldt nie verniet “die mooiste, mooiste maand” genoem het nie, toegang gee tot alle artikels wat in dié maand gepubliseer is.
Ons hoop dit gee Arena genoeg tyd om alle uitstaande subskripsiegelde aan huidige intekenare uit te betaal.
Van 1 Januarie 2023 sal jy 'n subskripsie uitneem. Maar vir nou is alles mahala! Geniet dit. En dankie dat jy weer met ons is!
Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan
Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe). Vir ou Arena-subskripsie-navrae: Skakel 0860 52 52 00 of e-pos hulp@vryeweekblad.com.
Om kommentaar te lewer op hierdie artikel, registreer (dis vinnig en gratis) of meld aan.
Lees eers Vrye Weekblad se Kommentaarbeleid voor jy kommentaar lewer.