Kies só tussen 13 Jan van Heerdens, ’n aartappel vir ’n baas...

VIDEOKONFERENSIES

Kies só tussen 13 Jan van Heerdens, ’n aartappel vir ’n baas en glad-gevaarlike Zoom

Sedert die koms van corona en Jan Tuisbly se karretjie op ’n wêreldwye skaal kan ’n mens nie anders as om 'n ge-Zoom te hoor nie, maar is dié videokonferensieplatform veilig, vra MARCÉ BESTER. Sy kyk na die goed, die sleg en die aartappels.

DIS 2010 en jy het ’n belangrike video-onderhoud met 'n groot firma in 'n ander dorp. Jy begin 'n uur vroeër opstel om seker te maak alles werk lekker. Eers sukkel jy om die ou wat die onderhoud hou, op te spoor. Hoe is daar dan 13 Jan van Heerdens?! Jou eerste Skype-sessie kom sukkel-sukkel aan die gang.

Sodra die onderhoud begin, haak die video boonop erg. Dan hoor jy net elke tweede woord wat Oom van Heerden sê. Skype maak nie 'n goeie eerste indruk nie, maar dis die enigste opsie op hierdie stadium.

Fast forward na die jaar 2020 en die videokonferensie-opsies is volop. So het ons die voorheen geliefde Skype sommer vergeet, en nou is Zoom op almal se toestelle. Omdat dit so 'n groot deel van ons daaglikse lewe geword het, is mense boonop meer sensitief vir kwessies wat hul aanlyn privaatheid raak. Maar hoekom stroom mense na Zoom en hoe veilig is dit nou eintlik?..

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.