Ons kan en mag na dese nie dieselfde wees nie

VREEMDE TYE

Ons kan en mag na dese nie dieselfde wees nie

’n Kollega van haar sê ’n mens kon dié week amper voel hoe die wêreld, die land onder jou voete verskuif. En sy wat ANASTASIA DE VRIES is, meen self nóg ons, nóg ons land kan ná hierdie virus weer dieselfde wees. Tog is sy dankbaar dat ons vir die eerste keer in ’n lang tyd weer sáám in ’n ding is.

DINSDAG 24 Maart 2020. Die winkelrak met ontsmettingsmiddels is halfleeg, my gebruiklike produk slegs in klein formaat teen byna R25 stuk beskikbaar en beperk tot drie per klant. Sal ek of sal ek nie?

Sjô, sê ’n stem en ’n hand reik na ’n botteltjie. Die ander hand tik aan my. Het ’n mens dan nou regtig dié goed nodig? Of sal gewone bleikmiddel doen? 

Ek sluk amper my kleintongetjie in. Sedert ek vier, vyf jaar gelede op dié kusdorp ingetrek het, het g’n vreemdeling my nog in ’n winkel bepraat nie, laat staan nog my mening oor huispreparate vra. Maar hier staan ons, ek en die onbekende mevrou, en ons sny kopstukke oor hoe om corona van onse lywe en geliefdes weg te hou. Nog iemand en nog iemand staan nader met raad of ’n mening. Ons maak later ’n kringetjie, soos toe ek ’n kind was en ons koppe bymekaargesit het om ’n ding te maak werk...

Slegs Vrye Weekblad-intekenare kan hierdie artikel lees.

Teken nou in vir volle toegang tot alle Vrye Weekblad-inhoud.

Reeds ’n intekenaar? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vir nuwe VWB 3.0-navrae: WhatsApp 071 170 8927 (net vir teksboodskappe) of stuur 'n e-pos aan hulp@vryeweekblad.com.