Die dag toe ’n Vlakte-vrou weer met haarself kon spog

VERGETE VRIENDIN

Die dag toe ’n Vlakte-vrou weer met haarself kon spog

ANASTASIA DE VRIES herken nie die vrou wat so tjaks oorkant haar kom sit nie. Maar toe dié haar mond oopmaak, wéét Anastasia sy ken mos dai stem! Maar watter draaie het ou Lolla se lewe nie geloop tot hier waar sy vandag ewe trots vir haar meestersgraad kom registreer nie ...

JY koos my met ’n pap snoek omslat toe ’n vrou nou die dag by die lesinglokaal inwals waar van die studente hul vakkeuses kom registreer, haar oë tot in alle ewigheid op die uwe en kom neem toe tjaks oorkant my plaas (’n vrou soos sy loop sit nie maar net nie, nee, sy neem plaas).

Sy staar. Ek staar. Ek ken haar nie. Wat sal die vrou makeer om my so diep te wil sit en vaskyk?    

Sy klap met haar plathand op die tafel. “Vrou!” kreet sy. Ek kén daai stem wat my altyd na warme tjoklit en huiskos laat verlang het. Lolla? Lolla van ant Myra Tieties, Twaalfde Laan innie Ravensmead se an Myrie? Einste, sê sy. Vrouuuu, skree ek...

Registreer gratis om hierdie artikel te lees.

Die meeste van ons artikels is slegs vir ons intekenaars, maar hierdie een is gratis solank jy registreer.

Reeds geregistreer? Kliek “Meld aan” om voort te gaan

Vrae of probleme?
E-pos hulp@vryeweekblad.com of skakel 0860 52 52 00.

X